ELMA SE VLEISBESKUIT
Foto: Helene Kluge
Frikkadel in deeg gebak.
- 500 g maalvleis
- 1 eier
- ¼ groenrissie, opgekap
- 1 knoffelhuisie, fyngemaak
- 1 ui, gerasper
- ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- sout en peper
- gekoopte brooddeeg
- Meng al die bestanddele saam, behalwe die brooddeeg – voeg ‘n bietjie warm water by as dit te droog is.
- Rol die mengsel in balletjies. Rol die brooddeeg uit en sny in groot genoeg blokke om die frikkadelle in toe te maak.
- Vou elke frikkadel toe in ‘n deeg blok.
- Plaas die balletjies in ‘n broodpan soos mosbolletjies langs mekaar met die kant na onder waar al die punte bymekaar kom.
- Indien verkies kan jy bietjie gerasperde kaas oor strooi.
- Bak teen 180°C vir 30 minute.

