Your Recipe Blog

ELMA SE VLEISBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

ELMA SE VLEISBESKUIT

(Frikkadel in deeg gebak)

  • 500 g maalvleis
  • 1 eier
  • ¼ groenrissie, opgekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak
  • 1 ui, gerasper
  • ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • sout en peper
  • brooddeeg

Meng al die bestanddele saam, behalwe die brooddeeg – voeg ‘n bietjie warm water by as dit te droog is.
Rol die mengsel in balletjies. Rol die brooddeeg uit en sny in groot genoeg blokke om die frikkadelle in toe te maak.
Vou elke frikkadel toe in ‘n deeg blok.
Plaas die balletjies in ‘n broodpan soos mosbolletjies langs mekaar met die kant na onder waar al die punte bymekaar kom.
Indien verkies kan jy bietjie gerasperde kaas oor strooi.
Bak teen 180°C vir 30 minute.

Foto: Helene Kluge

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5