Your Recipe Blog

ELIZE SE HOENDERROOMSOP

ELIZE SE HOENDERROOMSOP

  • 3 groterige hoenderfilette, in stukkies gesny
  • 1 pakkie gesnipperde sampioene
  • 1 groot gekapte ui
    (Ek koop sommer McCain se gevriesde gesnipperde ui en gebruik ‘n koppie vol)
  • gemengde groente (McCain se ertjies, wortels en mielies, dit het geen groenbone in – ek hou nie van groenbone in sop)
  • 3 medium aartappels, geskil en in dun skywe gesny
  • 1 pakkie room hoendersoppoeier
  • 1 blokkie hoender bouillon
  • sowat 15 ml Worcestersous
  • sowat 15 ml olyfolie
  • ± 150 ml vars room
  • sout en swartpeper na smaak

Braai uie, sampioene en hoender in ‘n bietjie olyfolie net tot ligbruin. Voeg bietjie sout en gemaalde swartpeper by. Pasop vir te veel sout. Die soppoeier en hoender bouillon bevat ook sout.
Meng soppoeier, hoender bouillon, worcestersous in sowat 300 ml kookwater. Die soppoeier en
hoender bouillon moet heeltemal opgelos wees.
Voeg dit in die pan by die hoender, uie en sampioene. Laat prut vir sowat 5 minute.
Giet in ‘n kastrol met gemengde groente (soveel jy verkies) en bedek met water. Voeg aartappel by. Proe maar of nog sout en peper kort.
Kook tot alles sag is en die sop redelik dik is.
Maak alles fyn en voeg room by.

Nota:
Ek het sowat 150 ml room gebruik.
Meng en voila.

Resep en foto: Elize Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5