Your Recipe Blog

ELIZABETH SE PERI-PERI HOENDERLEWER

ELIZABETH SE PERI-PERI HOENDERLEWER

  • 500 g skoongemaakte hoenderlewer
  • 1 fyngekapte ui
  • ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • 250 ml room
  • 1 opgehoopte lepel knoffelbotter of 1 teelepel knoffel
  • 5 ml Ina Paarman “chilli and garlic spice”
  • 5 ml Ina Paarman “garlic and herb spice”
  • 1 skeut suurlemoensap
  • peri-peri na smaak
  • sout en peper na smaak
  • 15 ml olie

Braai ui, groen soetrissie en tamatie in die olie tot die ui glansend is en die tamatie sag.
Sit die Ina Paarman speserye by en roer deur.
Voeg ‘n skeut suurlemoensap by.
Voeg die lepel knoffelbotter/knoffel by.
Voeg hoenderlewers by en roer deur.
Braai hoenderlewers tot almal verkleur is, maar nog nie gaar nie – so 2 min.
Voeg room by en laat afkook so vir 7 – 10 minute.
Voeg peri-peri na smaak by en kook nog so 2 minute.
Geur met sout en peper na smaak.
Skep uit en geniet.
Nota:
Ek het sommer 4 klein groen rissies ingesny, omdat my man van baie spicy kos hou.
Ek het voor ek die peri-peri bygevoeg het, vir my 5-jarige seuntjie van die lewers uitgeskep en hy het gehuil omdat hy nog wou hê.
Die resep en foto is my eie. Het sommer net bygevoeg soos ek goed gedink het.

Resep en foto:  Elizabeth Frylinck

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page