ELBIE SE “PORK TROTTERS”
Resep en foto: Elbie Gouws
Ek wil graag my “pork trotters” resep met julle deel.
- 1 kg varkskenkels (pork trotters)
- 2 eetlepels kookolie
- 50 ml water
- 1 groot ui gekerf
- 1 hoogvol eetlepel kerriepoeier of na smaak
- sout en peper
- 2 eetlepels tamatiesous
- 2 eetlepels worchestersous
- 2 eetlepels blatjang
- ½ teelepel borrie
- ½ teelepel skoonma se tong ( kan uitlaat indien jy nie het nie)
- 1 teelepel paprika
- 1 hoogvol eetlepel appelkooskonfyt
- 4 medium wortels gekerf
- 2 medium aartappels in kwarte gensy
- Plaas die vleis, kookolie en water in ‘n oondbak met’n deksel en bak in die oond teen 150ºC tot begin gaar word.
- Voeg die uie by asook die kerriepoeier na smaak en sout en peper.
- Meng die res van die bestanddele en voeg saam met die groente by. Bak verder tot alles gaar is met die deksel op.
- Nota:
- Kyk af en toe of vloeistof genoeg is en voeg bietjie water by indien nodig. Ek haal so vir laaste halfuur of bietjie langer deksel af om bietjie bruin te raak, maak net seker vloeistof is genoeg as jy deksel afhaal.
Category:

