Your Recipe Blog

ELBE SE KOLWYNTJIES MET GEKOOKTE VERSIERSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 72 cupcakes

ELBE SE KOLWYNTJIES MET GEKOOKTE VERSIERSEL

  • 500 ml suiker
  • 375 ml water
  • 8 eiers, geskei
  • 170 ml kookolie
  • 10 ml vanilla
  • 850 ml koekmeel
  • 40 ml bakpoeier
  • 2.5 ml sout

Klits die suiker, water en eiergele baie goed tot lig en skuimerig.
Klits die kookolie en vanilla by.
Meng die meel, bakpoeier en sout in.
Klits die eierwitte styf en vou in.
Skep in die kolwyntjiepapiertjies en bak 15 minute by 180ºC.
Laat heeltemal afkoel.

Versiersel:
Ek het die versiersel 3 x gemaak vir 72 koekies!

  • 250 g wit margarien
  • 250 ml melk
  • 90 ml koekmeel
  • 150 ml suiker

Meng die melk, koekmeel en suiker saam tot glad.
Verhit tot dik en gaar terwyl jy die heeltyd roer.
Laat HEELTEMAL koud word.
Klop die wit margarien tot baie lig.
Klop die afgekoelde melkmengsel bietjies gewys by die margarien.
Klits baie goed en versier die koekies.

Resep en foto: Elbe van den Berg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page