Your Recipe Blog

EKSTRA LEKKER KNOFFELBROOD

EKSTRA LEKKER KNOFFELBROOD

Ek verkies om my eie knoffelbrood te maak, want die wat jy koop is net goed genoeg om ‘n gat toe te stop. Ek glo ook nie, veral as dit by kos kom, dat minder is meer nie.
Ek het dit by ‘n vriendin geleer en alhoewel dit bietjie meer kos, doen ek dit net vir spesiale geleenthede of as ek oorskiet voorraad het.

Neem ‘n Franse brood en sny dit soos jy gewoonlik jou knoffelbrood sou sny. OF sny dit in die lengte af. Dit werk makliker vir my, en as die broodjie breër as gewoonlik is, sny ek twee keer in die lengte af.

  • Franse brood
  • In ‘n bakkie meng (hoeveelhede na jou smaak)
  • botter/margarien
  • 1 eetlepel gerasperde ui/spring onion
  • knoffel (vir my sommer lekker baie)
  • 2 eetlepels smeerkaas (Cheddar)
  • 1 wieletjie fetakaas, gekrummel
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • grofgemaalde swartpeper
  • ‘n paar druppels suurlemoensap
  • gesnipperde pietersielie

Meng alles tot ‘n smeer en smeer dit op jou gesnyde brood.
Draai toe in foelie en sit op die rooster totdat Cheddarkaas gesmelt het.

Nota: 
As ons baie mense is, koop ek “crispy rolls” en maak ‘n klompie daarvan op dieselfde manier.

Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5