EKONOMIESE KARRINGMELKBESKUIT
- 900 ml melk
- 100 ml bruinasyn
- 2 kg bruismeel
- 2 koppies koekmeel
- 3 koppies suiker
- 3 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels sout
- 4 eiers
- 500 g margarien
- Opsioneel:
- 4 eetlepels anys
- 1 koppie vrugtekoekmengsel
- 1 koppie rosyne
Smelt 500 g margarien, laat effens afkoel.
Voeg die melk en asyn by die margarien.
Klits 4 eiers en voeg by die bottermengsel.
Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in ‘n mengbak.
Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng goed.
Knie tot sagte deeg.
Druk vas in twee panne (60 beskuite elk) en sny met snyer.
Bak teen 160°C vir 30 min en dan verdere 30 min teen 140°C.
Laat afkoel en droog vir 3 ure by 80°C. Pak die gesnyde beskuite oop op die oondpanne vir die droog proses.
Ruil panne gereeld. Skakel die oond af na die tyd en laat bly in die oond tot afgekoel.
Variasie:
Voeg enige van die opsionele bestanddele by die deeg vir ‘n variasie.
Resep en foto: Alice Meintjes
Nota en 2de foto: Wilma Scott – Ek het 100 g pekan-neute bygesit – lekker!