Your Recipe Blog

EKONOMIESE KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 60 min | Servings: 3 ½ kg gedroogde beskuit

EKONOMIESE KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto:  Alice Meintjes
Nota en 2de foto: Wilma Scott

  • 900 ml melk
  • 100 ml bruinasyn
  • 2 kg bruismeel
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 koppies suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels sout
  • 4 eiers
  • 500 g margarien
  • Opsioneel:
  • 4 eetlepels anys
  • 1 koppie vrugtekoekmengsel
  • 1 koppie rosyne
  • Smelt 500 g margarien, laat effens afkoel.
  • Voeg die melk en asyn by die margarien.
  • Klits 4 eiers en voeg by die bottermengsel.
  • Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in ‘n mengbak.
  • Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng goed.
  • Knie tot sagte deeg.
  • Druk vas in twee panne (60 beskuite elk) en sny met snyer.
  • Bak teen 160°C vir 30 min en dan verdere 30 min teen 140°C.
  • Laat afkoel en droog vir 3 ure by 80°C. Pak die gesnyde beskuite oop op die oondpanne vir die droog proses.
  • Ruil panne gereeld. Skakel die oond af na die tyd en laat bly in die oond tot afgekoel.
  • Variasie: Voeg enige van die opsionele bestanddele by die deeg vir ‘n variasie.

Nota: Wilma Scott – Ek het 100 g pekan-neute bygesit – lekker!

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page