EISBEIN BOLOGNAISE
- 45 ml olyfolie
- 250 g spek
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies
- 4 kleiner eisbeins, of 1 grootte van 1.2 kg, klaar gaar en gevlok
- 1 blikkie tamaties, gekap
- 115 g tamatiepasta, of na smaak
- 3 takkies tiemie of 1 teelepel gedroogte tiemie
- 350 ml rooiwyn
- 100 g Parmesaankaas
- sout en vars peper, na smaak
- 1 eetlepel suiker, of na smaak
- 1 hoogvol eetlepel basiliekruid pesto
Verhit die olyfolie en braai spek, ui en knoffel (ongeveer 5 min).
Voeg die gevolkte varkvleis by en braai vir 5 – 8 min.
Voeg die tamatie, tamatiepasta, rooiwyn en tiemie by. Meng goed deur en laat prut vir 15 min.
Voeg Parmesaankaas by en proe, voeg sout en peper by na smaak.
Bedien op pasta van jou keuse.
HEERLIK!
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis