Your Recipe Blog

EIERVRUG, MAALVLEIS EN TAMATIE PASTA

EIERVRUG, MAALVLEIS EN TAMATIE PASTA

  • 500 g eiervrug
  • 3 tamaties
  • 400 g maalvleis
  • 1 vars chilli
  • 3 knoffel huisies
  • 300 ml tamatie passata
  • 1½ teelepel sout
  • ¾ teelepel vars gemaalde swart peper
  • ½ teelepel suiker
  • 400 g pasta
  • 80 ml vars basil, gesnipper
  • 50 g Parmesan, gerasper

Spoel die eiervrug, tamaties en brandrissie af. Sny die eiervrug in ½ cm skywe en die tamaties in blokkies. Kap die brandrissie, verwyder die sade en druk die knoffel deur ‘n knoffel pers.
Strooi die eiervrug skywe met sout en laat hulle staan vir vyftien minute. Droog die oppervlak van die eiervrug met papier handdoek af en sny die skywe in kwarte. Verhit olie in ‘n pan en braai die eiervrug in ‘n paar sessies tot bruin aan beide kante. Plaas opsy tot die pasta gaar is.
Gooi nog olie in ‘n warm pan indien nodig en braai die maalvleis tot bruin. Voeg die knoffel en brandrissie by. Laastens word die tamaties en tamatie passata bygevoeg. Geur met sout, peper en suiker. Laat die sous prut oor lae hitte vir ‘n rukkie.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente. Dreineer die pasta, en gooi dit terug in die kastrol.
Roer die eiervrug by die tamatiesous mengsel. Voeg die vars gekerfde basil by die mengsel. Proe en pas die sout en peper aan na smaak.
Meng van pasta en eiervrug mensel saam. Skep op en rasper dan van die Parmesan kaas oor.
Hierdie resep was oorspronklik net eiervrug, maar ek het maalvleis bygevoeg vir die kinders. Die brandrissie kan ook vemeerder word, want ons het glad die die die chili geproe nie.
Speel maar rond met dit totdat ‘n “happy medium” gevind word.

Resep geplaas deur Wilanda Räsänen
Foto: Wilanda Räsänen

One Review

  1. Rika Ipinge

    Very nice easy and delicious!

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page