Your Recipe Blog

EIERVRUG EN TAMATIE BYGEREG

EIERVRUG EN TAMATIE BYGEREG

  • 2 groot eiervrugte
  • ½ koppie olyfolie
  • 1 blikkie gekapte tamaties
  • 3 knoffeltoontjies, fyngemaak
  • ½ koppie water
  • 1 teelepel basieliekruid
  • 1 teelepel oreganum
  • 1 teelepel suiker
  • sout en peper, na smaak

Sny die eiervrugte in 6 lengte skywe elk en sny die skywe in dunner lengtes soos aartappelskyfies. Verhit die olie in ‘n kastrol en braai / kook die eiervrugskyfies daarin oor lae hitte tot sag. Haal uit die olie en hou eenkant.
Voeg die knoffel en tamaties by die olie in die kastrol (indien nodig, voeg ‘n bietjie ekstra olie by) en kook onbedek vir ongeveer 20 minute of tot die sous begin verdik.
Voeg die gaar eiervrugskywe, sout, peper, basieliekruid, oreganum en suiker by en kook vir ‘n verdere 5 minute vir die geure om te meng. Roer dit liggies.
Garneer met fyn gesnyde vars basieliekruid blare en bedien dit as bygereg warm of koud.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page