EIERVRUG- EN AVOKADOSLAAI
- 1 eiervrug, in dik skywe gesny
- 2 eetlepels olyfolie
- sout en peper, na smaak
- ½ koppie gekapte blaarslaai
- 2 sprietuie, gekap
- 1 avokado, met ‘n teelepel uit die skil geskep
- 4 eetlepels pampoensaad
- Slaaisous:
- ½ koppie Griekse jogurt
- 1 teelepel tahini
- 1 teelepel elk gekapte pietersielie en pepperment
- 2 teelepels suurlemoensap
- 1 eetlepel water
- sout en peper na smaak
Sprinkel die eiervrug met olie, sout en peper en rooster in die oond tot ligbruin (20 minute by 220ºC).
Plaas die blaarslaai, sprietuie, afgekoelde eiervrug en avokado op ‘n mooi slaaibord.
Meng die sousbestanddele saam en skep bo-oor die slaai.
Sprinkel die pampoensaad bo-oor en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs