Your Recipe Blog

EIERSLAAI MET JOGURT

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4

EIERSLAAI MET JOGURT

  • 8 gekookte eiers
  • 1 eetlepel heuning
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • 1 teelepel matige kerriepoeier
  • ½ koppie Griekse jogurt
  • ½ koppie mayonnaise
  • knypie sout
  • knypie rooipeper
  • bietjie kookolie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 1 teelepel vars pietersielie, gekap
  • ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • ½ geel soetrissie, ontpit en gekap
  • 3 eetlepel kasjoeneute, grofgekap
  • 1 pakkie blaarslaai

Dop die eiers af en sny in kwarte.
Meng die heuning, suurlemoensap en kerrie goed en roer jogurt en mayonnaise by.
Geur die sous met met sout en rooipeper.
Verhit ‘n bietjie olie en soteer die ui en seldery tot sag, voeg pietersielie by en soteer nog vir 1 min en verwyder van hitte.
Voeg soetrissies en kasjoeneute by en meng goed.
Roer eiers by die mengsel in.
Sit blaarslaai in borde en skep bo-op.

Resep geplaas en foto:  Gideon en Rinie Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page