EIERS, SPEK EN KAAS CABANOSSI ONTBYT
- 10 eiers, geklits
- 100 ml melk
- 12 sny brood
- 250 g rugspek, in repe gesny
- 4 kaas cabanossi’s, in ringe gesny
- 3 koppies gerasperde cheddar en mozzarella kaas, gemeng
- blatjang
Oond op 110 ºC op rooster gestel.
Rooster al die brood.
Braai die spek in ‘n pan, wanneer amper gaar voeg die carbanossi’s by en maak deur warm.
Haal die spekmengsel uit die pan en hou eenkant.
Meng die eiers met melk, sout en peper en maak roereier in dieselfde pan.
Smeer roosterbrood met botter en plaas 6 snytjies in die oondpan, smeer met blatjang.
Sit op elk van die 6 snye ‘n dun lagie kaas, dan ‘n dun lagie van die spek en worsies.
Skep die roereiers bo-op die spek en worsies.
Sprinkel nou lekker baie kaas oor.
Sit die pan 5 min in oond, laat kaas smelt.
Haal die pan uit die oond, sit die ekstra 6 snye roosterbrood bo-op.
Bedien warm.
Resep en fotos: Meisie van der Colff