Your Recipe Blog

EIERLOSE PIESANG PLAATKOEKIES

Recipe by
| Servings: 6 Groot Plaatkoekies

EIERLOSE PIESANG PLAATKOEKIES

  • 1 oorryp piesang, fyngedruk (moenie meer as 1 gebruik nie, dan raak die plaatkoekies kluitjierig en rou in die middel)
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • 1 koppie melk
  • 1 eetlepel olie
  • 2 eetlepels Xylitol (of enige versoeter)
  • 5 ml karamel geursel

Meng alle bestanddele, maar moenie oorwerk nie. Spuit ‘n kleefvrye pan met kossproei en verhit oor matige hitte.
Skep lepelsvol deeg in die pan. Die deeg sal begin set om die kante en borrels vorm, wat aandui dit kan gedraai word. Draai om en laat gaar word. Haal uit en herhaal met die res van die deeg.
Geniet warm saam met heuning!

*Nota: Diabeet vriendelik.

Resep en foto : Leandri Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page