Your Recipe Blog

EIER- VIENNA- EN KAAS PANGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: Ongeveer 20 minute

EIER- VIENNA- EN KAAS PANGEREG

Vir middagete het ek die eier- vienna en kaas reseppie gemaak. Ryk en lekker.

  • Meng saam:
  • 5 geklitste eiers
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel swart peper
  • ¼ koppie gekapte grasuie
  • Ekstra:
  • 1 pakkie rooi viennas, in ringetjies gesny
  • 1 koppie gerasperde kaas

Smeer ‘n groot eierpan met botter en pak die gesnyde rooi viennas daarop uit dat die hele bodem bedek is.
Giet die eiermengsel stadig en versigtig oor die worsies.
Bak dit op die stoof  teen matige hitte vir omtrent 10 tot 15 minute, kyk dat die rante los is.
Sodra dit styferig en redelik gestol is bo-op, hou ‘n bord oor die pan en keer dit om dat die gereg op die bord is.
Laat gly dit weer terug in die pan.
Sprinkel die gerasperde kaas oor.
Plaas ‘n bord/deksel bo-op die pan en bak vir nog ongeveer 10 min tot die kaas gesmelt is.

Nota:
Ons het dit saam met ‘n bietjie tamatiesous geëet.
Dit sal ook lekker wees saam met Tobacco.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page