Your Recipe Blog

EIER SUURSOUS

EIER SUURSOUS

Beindruk jou gaste of familie môre met die gestoomde groente en hierdie sous as ‘n bygereg. Heerlik.
  • 1 eier
  • 25 ml suiker
  • 1 ml sout
  • 2 ml Maizena
  • 25 ml asyn
  • 25 ml water
Klits die eier baie goed.
Voeg die ander bestanddele by en klits weer baie goed.

Verhit oor kokende water en klits aanhoudend met ‘n whisk tot dit begin dik word, klits tot dit lig is.
Bedien met gestoomde jong groenbone of groente, die sous is ook baie lekker met jong uie.

Resep en foto: Elize de Kock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page