Your Recipe Blog

EETBARE KORAAL

EETBARE KORAAL

  • 10 g koekmeel
  • 55 g water
  • 65 g olie
  • knippie sout of suiker
  • gel koekkleursel
  • geursel (ek het karamel gebruik)

Klits alles saam met ‘n “stick-blender”.
Skep vol eetlepel van die mengsel in ‘n droë skoon pan (medium hitte).
Moenie die pan roer of tilt nie dit help dat daar meer gatjies in die koraal is.
Dit sal borrel.
Wag tot dit heeltemal ophou borrel voor die koraal versigtig uitgehaal word (ongeveer 40 sekondes).
Plaas die koraal op handoekpapier om te dreineer en af te koel.
Vee pan uit na elke baksel.
Pan moet droog wees voor deeg ingaan.

Nota:
Dit is baie delikaat en breek maklik, hanteer versigtig.

Resep en foto: Sunell Liebenberg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5