EENVOUDIGE PIESANGBROOD
- 50 ml margarien
- 250 ml suiker
- 2 eiers
- 5 ryp piesangs, fyngedruk
- 5 ml vanilla geursel
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml koeksoda
- 2 ml sout
- 140 ml melk
Stel die oond op 175 °C en bespuit ‘n broodpannetjie met kleefwerende kossproei.
Klits die margarien en suiker saam totdat dit romerig is.
Voeg die eiers een-vir-een by en klits verder.
Voeg die piesangs en vanillageursel by en klits dit deur.
Sif die droë bestanddele oor die kunsbottermengsel en voeg die melk ook by.
Klits totdat dit alles goed gemeng is.
Skep die beslag in die broodpannetjie en bak vir 75 minute lank totdat ‘n toetspen skoon uit die broodjie kom.
Laat die broodjie afkoel in die pannetjie en keer uit.
Resep en foto: Amanda Austen