Your Recipe Blog

EENVOUDIGE KERRIEVLEISBLOKKIES

Cook: 2h15 - 3h15

EENVOUDIGE KERRIEVLEISBLOKKIES

  • 30 ml olie
  • 1 kg lam- of beesvleisblokkies
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 uie, gekap
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 2 groen brandrissies (opsioneel)
  • 2 tamaties, ontvel en gekap
  • 125 ml water
  • sout en peper na smaak
  • 2 Granny Smith-appels, geskil en in blokkies gesny
  • 50 ml sultanas

Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die vleisblokkies daarin tot rondom bruin. Skep uit en hou eenkant. Soteer die uie, knoffel en brandrissies in dieselfde kastrol tot sag en geurig. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut. Voeg die tamaties asook die water en gebraaide vleisblokkies by. Roer die vleis deur die kerriemengsel tot dit goed bedek is met die mengsel en geur na smaak met sout en peper.
Verhit tot kookpunt en verlaag die hitte. Bedek en prut vir ongeveer 2 tot 3 ure tot die vleis sag is.
Indien nodig voeg nog water by. Voeg die appelblokkies en sultanas by die vleis en laat prut ‘n verdere 10 tot 15 minute totdat die appel sag is en die geure lekker deurgemeng het.
Dien op met rys of koeskoes.

Resep en foto’s: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page