Your Recipe Blog

EENSKOTTEL RYS, BOELIEBIEF EN GROENTE GEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 45 minute

EENSKOTTEL RYS, BOELIEBIEF EN GROENTE GEREG

Hierdie op ‘n video op Faceboek gesien. Ek dink mens sal lekker kan rondspeel met die bestanddele saam met oorskiet rys. Die sous kan mens ook bestanddele bysit om dit meer smaak te gee, sweet chillie, tamatiesous of blatjang.

  • Rysmengsel  – roer saam:
  • 1 koppie rys, gekook en alles gebruik
  • 1 blikkie boeliebief, in blokkies gesny
  • ½ ui, fyngekap
  • 1 koppie Cheddar kaas, gerasper
  • 1 koppie gevriesde mielies en ertjies
  • 1 koppie wortel, fyn gerasper
  • sout en peper, na smaak
  • paprika, knoffelsout en bietjie droë pietersielie, na smaak
  • Maak sous en meng saam:
  • 3 eiers
  • 250 ml room
  • 1 koppie Cheddar kaas
  • Ekstra:
  • gerasperde kaas

Verhit oond na 180°C.
Meng die sous deur die rysmengsel, skep in ‘n oondbak en strooi nog kaas bo-oor.
Bak in die oond vir 35 minute tot mooi bruin.
Ek het dit langer gebak, want dit was nog effe drillerig in die middel.

Notas:
Sal volgende keer dalk meer peper bysit of met ander speserye rondspeel.
Ek dink dit sal ook goed werk met ‘n sterk wors smaak of iets soos salami en kan selfs ander groente ook gebruik.

Foto’s: Stien Rust
Resep aangepas deur Stien Rust

One Review

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page