Your Recipe Blog

EENSKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG MET WITSOUS

EENSKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG MET WITSOUS

Foto: Henriette Wessels
Nota onderaan:  Rina Kleinhans
Nou ja ek het toe die eenskottel hoendergereg gemaak en dit is HEERLIK! Ek het baie witsous gemaak te danke aan Annette Breytenbach van Wyk! Die spaghetti in die hoendersous is ‘n wenner en dis so maklik om te maak! Sal dit beslis weer doen!

  • 1 hoender
  • 2 blokkies hoenderekstrak
  • 1½ koppies noedels of spaghetti
  • 100 ml mayonnaise
  • 1 groot pak Simba skyfies enige geur, fyngemaak
  • 500 ml witsous of heelwat meer
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 2 eiers geklits
  • gerasperder kaas
  • Kook die hoender in die hoenderblokkies saam met sout tot gaar.
  • Sodra die hoender gaar is, verwyder die bene en sny die vleis in kleiner stukke.
  • Gebruik die water waarin die hoender gekook het en kook die noedels tot gaar. Dreineer die noedels.
  • Meng hoender, noedels, mayonnaise en ½ van die fyn skyfies.
  • Skep die mengsel in ‘n oondskottel.
  • Meng die witsous, pietersielie en eiers saam.
  • Giet bo-oor die hoendermengsel.
  • Strooi die res van die skyfies bo-oor saam met kaas.
  • Bak 20 min by 190ºC tot gaar en goudbruin.
  • Nota: Rina Kleinhans
  • Ek het ekstra ertjies en sampioene bygesit.  Help die witsous so bietjie in jou vulsel in, en maak sker jy het genoeg witsous, anders is dit bietjie droog maar heerlik. Gebruik ‘n oondbak van 35 x 23 cm of groter, dit maak sommer lekker baie kos.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page