Your Recipe Blog

EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 - 120 minute

EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG

Gebruik ‘n oondskottel met deksel.

  • 1 koppie rou rys
  • 1 ½ – 2 koppies gemengde gevriesde groente (klein blokkies wortels, mielies, ertjies en boontjies mengsel)
  • 1 pak hoenderporsies
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 1 klein blikkie perskeskyfies met sous
  • ¼ koppie blatjang
  • 1 pakkie sampioen of wit uiesoppoeier, aangemaak met
  • 500 ml water
  • sout en peper na smaak

Plaas rou rys onder in ‘n gesmeerde oondbak wat sy eie deksel het. Skep die gemengde groente eweredig oor die rys.  Pak vervolgens die ontdooide hoender porsies bo-op. Versprei die uie ringe bo-op en rond af met die blikkie perskeskyfies in stroop.
Maak die pakkie sampioen- of wit uiesop aan met die water, voeg die kwart koppie blatjang hierby en meng goed deur en giet die sous bo-oor die bestanddele in die oondskottel.
Geur met sout en peper na smaak indien nodig. Hou ingedagte dat die soppoeier reeds geurmiddels by het wat gewoonlik genoeg is vir die gereg.
Bak vir 1 ½ tot 2 ure by 160 °C met die deksel op. Kyk na uur en ‘n half of die vleis sag en gaar is, en die rys uitgepof is.
Verwyder die deksel, plaas terug in die oond, verhoog die grade na 180°C. Hou die gereg dop sodat die hoenderporsies nie brand nie, maar net mooi verbruin en die velletjie bros bak.
Aangesien hier reeds rys asook ‘n spatsel groente in die gereg is, kan u net ‘n slaai of twee hiermee saam bedien.

Foto: Adam Cloete

One Review

  1. corrie van rooyen

    baie lekker gewees

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page