Your Recipe Blog

EENSKOTTEL AANDETE VAN MAALVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 29 minute

EENSKOTTEL AANDETE VAN MAALVLEIS

Vandag is daar nog ‘n heerlike resep gedeel tydens ons kuier met Lorrein Katzke. As jy nie lus is vir skottelgoed nie, is hierdie resep beslis ‘n wenner.

  • 4 eetlepels olyfolie
  • 1 groot ui, fyn gesnipper
  • 1 groot wortels, in klein blokkies gesny
  • 1 groot rooi soetrissie (bell pepper), in repies gesny
  • 3 murgpampoentjies, in blokkies gesny
  • 100 g gevriesde ertjies of groenbone
  • 500 g maalvleis
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 teelepel tiemie
  • 1 teelepel Italiaanse kruie (Italian herbs)
  • 4 eiers
  • 250 ml room / Amazi of jogurt
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas

Verhit die olyfolie in ’n groot swaarboompan.
Braai die uie en wortelblokkies tot die uie deurskynend is.
Voeg die soetrissie, murpampoentjies, en ertjies by en roerbraai vir 4 minute.
Voeg die maalvleis en kruie by en braai tot die maalvleis gaar en los is.
Voorverhit die oond tot 200°C.
Smeer ’n groot oondbak met olie en plaas die vleismengsel in die bak.
Klits die eiers en room of melk saam en roer dan die gerasperde kaas by.
Giet die eiermengsel oor die vleis en bak in die oond vir 25 minute.
Rooster vir 4 minute tot goudbruin.

Resep geplaas deur Corlia du Plessis
Foto: Corlia du Plessis

Nota en foto 2: Elna Erasmus –
Ek het die eenskottel gereg gemaak met ‘n paar aanpassings. Ek het 3 koppies wortels bygevoeg en die murgpampoentjie uitgelaat, knoffel en 1 pakkie “potato bake” bygevoeg vir ekstra geur en 2 pakkies 2 minuut noedels, grof gekrummel, by die maalvleismengsel ingeroer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5