EENPOT WORSGEREG
My Ma het hierdie gereg gereeld gemaak, een van my gunstelinge. Dit is lekker geurig en maklik om te maak.
- 1 kg boere / wilds wors – nie heeltemal ontdooi nie, dan kan dit makliker opsny. Sny byt happie grootte stukkies
- bietjie olie
- 5 ml vars knoffel
- 1 groot ui
- 1 soet rissie
- 1 blikkie tamatie- en uie “relish”
- 2 – 3 groot wortels geskil en gesny
- 2 – 3 groot aartappels geskil en gesny
- 1 eetlepel kerriepoeier of ‘n bietjie meer of minder na smaak
- 1 koppie rou rys
- blatjang na smaak
Oondvaste pot met deksel (ek maak dit altyd in een van my yster potte).
Voorverhit die oond tot 180ºC terwyl jy begin met die gereg.
Op die stoof:
Braai die ui, knoffel en soetrissie in bietjie olie tot bruin.
Voeg die blikkie tamatie by en braai tot die mengsel lekker warm geword het.
Roer die kerriepoeier deur.
Voeg die wortels, aartappels en wors stukkies by.
Braai tot alles lekker warm is. Nie gaar nie.
Voeg die rys by en genoeg water ( ongeveer 2 koppies), selfde soos wanneer jy rys kook in ‘n pot op die stoof.
Laat die mengsel begin prut en verwyder van die plaat af.
Sit die deksel op en plaas in die warm oond.
Kyk na 45 minute, kan dalk ‘n bietjie langer neem, tot 1h30 min hang af hoe gou die rys gaar word.
Skep op en bedien met blatjang na smaak.
Geniet!
Resep en foto: Magda Bekker