Your Recipe Blog

EENPOT KERRIEMAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPELGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min | Servings: 6 - 8 porsies

EENPOT KERRIEMAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPELGEREG

  • 1 pak spinasie, afgespoel en fyn gekap
  • 1 wiel fetakaas
  • Maalvleis:
  • 1 ui fyn gekap
  • 1 eetlepel kerriepoeier en speserye na smaak
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 kg maalvleis
  • 500 g gemengde groente
  • 2 eetlepels suiker
  • kwart koppie asyn
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • Kapokaartappels:
  • 4 aartappels
  • ¼ koppie melk
  • 1 eetlepel botter
  • Ekstra:
  • gerasperde kaas
  • 1 klein pakkie Simba skyfies enige geur

Neem ‘n groot glas oondbak.
Pak die spinasie onder in die bak en krummel die fetakaas oor die spinasie.
Sit eenkant neer terwyl jy die maalvleis voorberei.

Maalvleis:
Braai die ui, kerrie en speserye saam.
Voeg die res van die bestanddele by en kook tot gaar.
Skep die maalvleismengsel bo-oor die spinasie.

Kapokaartappels:
Kook die aartappels sag in sout water.
Dreineer die water af.
Voeg die melk en botter by.
Maak goed fyn.
Skep die fyn aartappels bo-oor die maalvleis en maak gelyk.
Sprinkel gerasperde kaas oor na smaak.
Maak die skyfies fyn en sprinkle bo-oor.
Bak in 180°C oond vir 30 minute, of tot goed deur warm en die kaas gesmelt.

Foto en resep:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page