EENPAN SOETSUURHOENDER IN DIE OOND
- 6 – 8 hoenderstukke
- 2 blokkies hoenderaftreksel
- genoeg water om hoender te bedek
- 1 – 2 koppies rys (basmati as jy wil “fancy” wees)
- 500 g vars roerbraai groente van jou keuse
- handvol sprietuie, gesny
- 2 eetlepels sesamesaad
- Sous- meng die volgende saam:
- ¼ koppie elk suiker, asyn, tamatiesous en soetrissiesous
- 3 eetlepels soyasous
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 cm vars gemmer, gekap of teelepel gemmerpoeier
Stel oond op 180°C.
Kook die hoender in die water saam met die blokkies ekstrak daarin gekrummel vir so 10 – 12 min tot net gaar.
Giet die rou rys in ‘n oondpan en versprei oor die bodem.
Plaas hoenderstukke, velkant bo, op die rys.
Verspei nou groente op die rys rondom die hoenderstukke.
Giet die sousmengsel oor die hoender en indien nodig van die souswater waarin die hoender gekook het sodat daar genoeg vloeistof is, strooi sesamesaad en grasuie oor die hoender.
Bedek die pan met ‘n deksel of foelie.
Plaas in die oond vir 40 min.
Voeg nog water of van die sous waarin die hoender gekook het, by indien nodig.
Verwyder die deksel en bak oop vir nog 40 minute tot gaar en mooi bruin.
Njamm!
Resep en foto: Stef Conradie