Your Recipe Blog

EENPAN LAMSBOUD, GROENTE EN BRUSSELSE SPRUITE MET ERTJIES

EENPAN LAMSBOUD, GROENTE EN BRUSSELSE SPRUITE MET ERTJIES

Na al die strawasies van die week, was ek lus vir huiskos, boerekos en trooskos, soos my oumas dit gemaak het..so het besluit om n geroosterde lamsboud te maak vir aandete. Maar was nie lus vir al die moeite van bykosse in potte nie…so dis ‘n twee-pan/pot aandete! Min moeite, baie baie lekker-en leftovers vir die vrieskas vir nog etes later in die week. Wenner.

  • 1 heel lamsboud
  • 1 takkie vars roosmaryn
  • 3 takkies vars tiemie
  • 2 eetlepels braaivleis spesery
  • 1 eetlepel sout
  • gemaalde swart peper
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 groot aartappels, geskil en in skywe in die lengte gesny
  • 2 witwortels (parsnips), geskil in 4 stukke in die lengte gesny
  • 2 wortels, geskil en in groot ringe gesny
  • Brusselse spruite met ertjies:
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olie
  • 15-20 brusselse spruite, gehalveer
  • 200 ml gevriesde ertjies
  • 1 eetlepel hoenderspesery
  • 1 teelepel sout
  • swart peper na smaak
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Vir die lamsboud en groente:
Plaas skaapboud op bakpapier in ‘n oondbak.
Sit tiemie onder die boud, en roosmaryn naalde bo-oor.
Sprinkel braaivleis spesery, sout en peper bo-op, en olyfolie.
Bedek met foelie en bak by 190ºC vir 90 minute.
Haal foelie af, en pak die aartappels, witwortels en wortels rondom die boud.
Sprinkel nog ‘n bietjie sout, peper en nog olyfolie bo-oor.
Maak toe met foelie en bak by 170ºC vir nog 70-90 minute.
Haal foelie af, toets of lam sag is en bak 10 minute oop by 200ºC, totdat alles mooi bruin is.

Vir die brusselse spruite en ertjies:
Plaas botter, olie en brusselse spruite in ‘n pot.
Sprinkel hoender spesery, sout en peper oor, en braai oor lae hitte totdat die spruite mooi begin verbruin.
Voeg ertjies by, sit deksel op en stoom braai nog 8 minute.
Sit suurlemoensap oor, en bedien met skaapvleis en groente (en mintsous!)

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page