Your Recipe Blog

EENPAN HOENDERKERRIE EN RYS

Recipe by
120 minute
Prep: 30 minute | Cook: 90 minute | Servings: 4-6 porsies

EENPAN HOENDERKERRIE EN RYS

Ek het hierdie resep vir n eenpan hoenderkerrie-en-rys seker vier jaar gelede ontdek en in my eie kookboek ingeplak…en dit het my drie-en-‘n-half jaar geneem om dit te maak! Nou wens ek dat ek het dit al jare gelede begin maak het – want dis heerlik, en min moeite…perfek vir n reënerige aand! En kindervriendelik, want dit brand nie – bonus.

  • 5-6 hoenderdye
  • 15 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 10 cm gemmer, gerasper
  • 30 ml kerriepoeier
  • 1 stuk pypkaneel
  • 250 ml rou rys
  • 650 ml hoenderaftreksel
  • 30 ml witasyn
  • 125 ml blatjang
  • sout en peper na smaak

Braai hoender in olie tot bruin in plaat-en-oond pot en skep uit. Braai ui, knoffel en gemmer in dieselfde olie vir 2-3 minute.
Voeg rys en kaneel by en braai nog drie minute.
Voeg res van die bestanddele by, pak hoender bo-op rys en bring tot kookpunt op stoof.
Bak bedek 1-1½ uur by 160 °C tot rys gaar is.
Bak laaste 10 minute oop totdat hoendervel bros raak.
Bedien met tamatie-en-uie en/of piesangslaai.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5