EDNA SE TUNARING MET BACON KIPS
- 1 pak Bacon Kips
- 1 eetlepel botter
- 6 agurkies
- 250 ml maaskaas (gegeurde maaskaas van jou keuse is lekkerder)
- bietjie Aromat
- 6 hardgekookte eiers
- 3 eetlepels mayonnaise
- bietjie aromat
- ¼ ui
- 2 blikke tuna
- 1 eetlepel blatjang
Gebruik vier verskillende bakke.
Bak 1: krummel die Bacon Kips fyn en meng met die botter.
Bak 2: rasper die 4 agurkies en meng met die maaskaas en geur met Aromat.
Bak 3: rasper die eiers fyn, meng met die 2 eetlepels mayonnaise en bietjie aromat.
Bak 4: rasper die 2 agurkies fyn asook die ui en meng met die tuna, 1 eetlepel mayonnaise en blatjang.
Vat ‘n ring stolvorm, spuit met nie-kleefwerende middel en pak die volgende lae:
Kwart van die Bacon kipsmengsel, maaskaasmengsel, Bacon Kipsmengsel, eiermengsel, Bacon Kipsmengsel, tunamengsel en laaste weer Bacon Kipsmengsel.
Druk alles styf vas en laat oornag in yskas.
Ontvorm voor opdiening, sny in porsies en bedien as voorgereg soos verkies.
REGTIG HEERLIK.
Nota Benhet:
Ek het hierdie resep gemaak, maar net in kleiner vorms geskep vir elke gas. WOW dit was nou heerlik!
Resep: Edna van Heerden
Foto’s: Rudi Basson, Yvette Dolphin en Benhet Nieuwenhuis