EDNA SE SOSATIESOUS
Probeer dit gerus. Is regtig heerlik.
- 3 uie, opgekap
- 1 koppie olie (250 ml)
- 2 koppies suiker (500 ml)
- kerriepoeier, na smaak
- 10 ml sout
- 10 ml borrie
- 50 ml appelkooskonfyt
- 4 koppies asyn (1 liter)
- 2 koppies blatjang (500 ml)
- 1 koppie water (250 ml)
- ¾ koppie Maizena
- ½ koppie Spur Bastingsous
- ½ koppie Worcestersous
- 1 bottel sosatiesous (koop by Slaghuis)
Sny uie en braai effens in olie. Meng maizena met helfte van die asyn. Roer alles saam uitsluitend die res van die asyn en blatjang.
Kook 3 minute lank en voeg dan die asyn en blatjang by en kook vir nog ‘n minuut.
Laat afkoel en giet oor die vleisblokkies en laat staan in yskas vir 2 dae.
Laat die stokkies in die water lê vir ‘n rukkie en ryg die vleis in gereeds om te braai.
Resep en foto: Edna HP van Heerden