Your Recipe Blog

EAT-SUM-MORE BESKUIT

Cook: 60 minutes of beskuitpanne 30 minute

EAT-SUM-MORE BESKUIT

En dis dit, so ‘n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Ek maak dit gewoonlik sommer dubbeld aan vir darem die moeite werd.
Weereens baie dankie vir jul wonderlike vriendskap en omgee hier.

  • 500 g botter
  • 2 koppies suiker
  • 2 ekstra groot eiers
  • 2 koppies lou water
  • 1,5 kg bruismeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout

Room die botter en suiker.
Klits die eiers en water saam.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Meng die geroomde botter/suiker mengsel en water/eier mengsel beurtelings saam met droë bestanddele.
Rol balletjies, pak in gespuite panne en bak ± ‘n uur by 180°C.
Sny in vingers en droog uit soos verkies.

Nota: Noeline Cronje Terblanche
Ek het rosyntjies ingesit.
Die resep werk 100%, dink egter die naam is bietjie misleidend. Smaak heerlik, maar nie na “Eet sum more” koekies, meer na karringmelk beskuit. Sal die resep verseker aanbeveel en ook gereeld weer bak.

Nota:  Ria Smith
Ek het vanmiddag die Eat-sum-more beskuit van hierdie blad gebak.
Eerste foto is voor die deeg gebak was en tweede foto nadat dit gebak was.
Ek het dit sommer in my Kenwood met die “K”-klitser gemeng.
Ek het my beskuitpan ingespan en dit net vir 30 min gebak, omdat dit ‘n platter mengsel is.
Dit het mooi gebak en ek sal ‘n foto van die uitgedroogde beskuit ook plaas, sodra ek klaar is en ook laat weet hoe dit vir my proe/smaak.
Dankie vir die resep, was sommer tjop-tjop klaar.

Resep geplaas deur Eurika Buckle
Foto:  Ria Smith en Noeline Cronje Terblanche

Category:

One Review

  1. Wilma Scott
    Hierdie is baie lekker.
    Ek bak dit in panne met snyer (72 stukkies per pan).
    Hierdie resep (1,5 kg meel) verdeel ek in 2 panne.
    Dis baie beskuit.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page