“EASY PEASY” KLAM SJOKOLADE KOEK
- Droë Bestanddele:
- 3 koppies koekmeel
- ⅓ koppie kakao
- 1 koppie suiker
- 1 eetlepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- Nat Bestanddele:
- 2 koppies kookwater
- 1 koppie olie
- 10 teelepels druiwe asyn
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 2 groot gaar beet, fyn gerasper
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer 2 ronde koekpanne 21 x 6 cm goed. Bestuif met meel.
Droë bestanddele – Sif alles saam in mengbak.
Klits al die nat bestanddele saam in ‘n groot maatbeker en voeg dit by die droë bestanddele.
Moenie die mengsel te veel klits nie. Vou dit net met houtlepel in.
Giet mengsel in koekpanne en bak 25 tot 30 minute tot gaar.
Nota:
Ek wil net noem: ek het die resep verdubbel – en net twee panne koek gemaak.
Die beet het ek bygevoeg as ‘n toets om dit lekker vogtig en donker te maak.
Versiersuiker na smaak!
oh my glorie – dit is die maklikste lekkerste koek!
Resep en foto: Carol Visser