DULCHE-DE-LECHE GEVRIESDE KAASKOEK
Foto en resep: Marida Olivier
Ek het vandag hierdie dulche-de-leche gevriesde kaaskoek gemaak en ons kliente gee dit loshande ‘n 5 ster ![]()
- Vulsel:
- 125 ml pynappelsap
- 10 ml gelatin poeier
- 1 bakkie roomkaas (250 g)
- 1 blik karamel treat
- 250 ml room
- geroosterde klapper skaafsels vir versiersel
- tropiese vrugte in seisoen vir bediening
- Kors:
- ¾ pakkie Tennisbeskuitjies
- 60 ml geroosterde klapper
- 80 ml gesmelte botter
- Kors: Maak koekies fyn en meng met botter en klapper. Spuit losboom pan met nie-kleefwerende spuitmiddel. Druk koekiemengsel vas onder in die losboom pan om as kors te dien.
- Vulsel: Giet helfte pynappelsap in mikrogolfvaste bakkie.
- Voeg gelatien by en laat bietjie week. Verhit dan vinnig in mikrogolf tot gesmelt en voeg daarna die ander pynappelsap by.
- Klits roomkaas en karamel saam tot glad en romerig en roer pynappelsap geleidelik by.
- Voeg vanilla by room en klits tot styf.
- Vou in by karamel mengsel.
- Skep in kors en bedek met kleefplastiek en vries.
- Sprinkel geroosterde klapperskaafsels bo-oor en bedien met tropiese vrugte.
Category:

