DUITSE KOEK MET PEKANNEUTE EN KANEELSUIKER
Resep en foto: Laetitia Burger
- 250 g botter
- 250 g suiker
- 2 eiers
- 250 g koekmeel
- 2 ml koeksoda
- 2 ml kremetart
- 1 ml sout
- 200 ml
- 2,5 ml vanilla ekstrak
- 125 ml kaneelsuiker
- 1 koppie gekapte pekanneute
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Klits botter en suiker in mengbak tot lig en romerig.
- Meng die eiers een vir een by die bottermengsel.
- In ‘n ander mengbak sif die meel, koeksoda, kremetart en sout saam.
- Meet melk in ‘n beker af en meng die vanilla by.
- Voeg die meelmengsel om die beurt met die melk by die bottermengsel.
- Klits mengsel tot mooi gemeng.
- Skep in ‘n gesmeerde oondbak (30 x 25 cm).
- Strooi kaneelsuiker en pekaneute bo-oor.
- Bak teen 180°C vir ± 40 minute of tot gaar.
Category:


