Your Recipe Blog

DUBBELE SJOKOLADE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

DUBBELE SJOKOLADE KOEK

  • 3 groot eiers
  • 100 g goeie sjokolade, opgebreek in blokkies
  • 375 ml warm sterk koffie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 375 ml karringmelk
  • 750 ml strooisuiker (ek gebruik ongeveer net 2 koppies strooisuiker)
  • 625 ml koekmeel (ek gebruik volkoring meel)
  • 375 kakao
  • 10 ml koeksoda
  • 3 ml bakpoeier
  • 5 ml sout (kan uitgelaat word, koeksoda is reeds daar)
  • 180 ml olie

Voer panne uit met bakpapier.
Klits eiers vir 5 min met ‘n elektriese klitser.
Maak warm koffie en plaas sjokolade daarin. Sjokolade moet in koffie smelt.
Voeg karringmelk en vanielje geursel in mengbak en klits.
Sif meel, bakpoeier, suiker, kakao, koeksoda by karringmengsel.
Voeg geklitse eier ook by.
Klits die mengsel op die laagste spoed.
Verdeel tussen 2 koekpanne.
Bak vir 30 minute.

  • Gekookte sjokoladeversiersel:
  • 400 ml water
  • 1 koppie suiker (ek halveer dit)
  • 50 ml botter
  • 1 ½ vanieljegeursel

Voeg bogemelde bestanddele in dikboom kastrol en kook stadig tot suiker opgelos is. Roer kort kort.
Voeg kakao en mielieblom by. Roer kort, kort sodat dit ‘n gladde tekstuur kry en nie klonte nie.
Laat afkoel en plaas in yskas.
Maak versiersel  die vorige aand en plaas in die yskas.
Dus heerlik.
Versier met aarbeie, neute, dus u keuse hoe u dit wil afrond

Foto en nota’s: Nella Kootstra

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page