DUBBEL SJOKOLADE MUFFINS
Heerlik klam muffins, ek kan hulle aanbeveel.
- Meng droë bestanddele saam:
- 1 ⅓ koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel koeksoda
- 2 eetlepels kakao
- ¾ koppie strooisuiker
- Meng die nat bestanddele saam:
- 1 koppie melk
- ⅓ koppie plus 2 teelepels olie
- 1 eier
- 1 teelepel vanilla
- Ekstra:
- ¾ koppie choc chips plus ¼ koppie om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Meng droë- en nat bestanddele, voeg die ¾ koppie choc chip by en meng net deur moenie nie te veel roer nie.
Skep in papier houertjies in ‘n muffin pan en strooi die ekstra choc chip bo-op.
Bak ± 20 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Foto: Elba Groenewald
Resep geplaas deur Elba Groenewald