Your Recipe Blog

DRUKPOT LAMSKERRIE

Recipe by
Cook: 55 - 60 minute

DRUKPOT LAMSKERRIE

  • 1 ui, grof gekap
  • 2 teelepels knoffel en gemmer
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 1 teelepel gedroogde koljander
  • 750 g lamsvleis (ek het dit by die slagter gekoop as “lamb potjie”)
  • 1 blikkie klappermelk
  • 3 eetlepels appelkooskonfyt
  • ½ koppie water
  • sout en swartpeper
  • 2 geskilde aartappels, in blokkies gesny
  • 250 g botterskorsie, in blokkies gesny
  • 200 g mielies in water, halwe blikkie
Braai die ui tot sag en glaserig en voeg die knoffel en gemmer by. Voeg dadelik die speserye by en braai alles vir so ‘n minuut saam, anders brand die knoffel. Voeg die lamsblokkies by en braai vir so 2 of 3 minute. Sit die hele mengsel in ‘n drukpot, voeg die klappermelk, appelkooskonfyt, water, sout en peper by en stoom dit vir 30 minute onder druk.
Laat die stoom ontsnap en voeg die aartappels, botterskorsie en mielies by.
Stoom weer vir ‘n verdere 25 minute.

Bedien met rys of op snytjies brood.

Foto en resep: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page