Your Recipe Blog

DRUKPOT BEESSTERT MET GREMOLATA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 min

DRUKPOT BEESSTERT MET GREMOLATA

My drukpot beesstert resep. Met gremolata en blomkool “mash”.

  • 10 ml olyfolie
  • 700 – 800 g beesstert
  • 2 teelepels vleis of braaivleis spesery
  • 125 ml rooiwyn
  • 2 eetlepels Worcestershire sous
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 250 ml bees sousblokkie
  • sout en peper na smaak
  • Bykos:
  • gaar blomkool, fyngemaak of kapokaartappels
  • Gremolata:
  • 2 eetlepels gerasperde suurlemoen skil
  • 2 eetlepels gekapte pietersielie

Verhit die olie in die drukpot en braai die beesstert ongeveer 10 – 12 minute aan ‘n kant.
Voeg die res van die bestanddele by en drukkook (pressure cook) vir 90 minute of tot sag.
Laat die druk afloop en kook die sous af (reduce) vir 20 – 30 minute.
Meng die gremolata se bestanddele saam.
Bedien die beesstert op blomkool “mash” of kapokaartappels, met gremolata.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page