Your Recipe Blog

DRUIWESLAAI MET MAASKAAS

| Servings: 2 - 3 porsies

DRUIWESLAAI MET MAASKAAS

Oorspronklike resep vra vir roomkaas, maar ek kon nie kry nie en het die roomkaas met volroom gladde maaskaas vervang.

  • 2 koppies pitlose swart druiwe
  • 2 koppies pitlose groen druiwe
  • ½ koppie volroom gladde maaskaas
  • ½ koppie suurroom
  • kosher sout na smaak
  • 1½ eetlepel bruinsuiker, styf gedruk in lepel
  • geroosterde pekanneute

Halveer die helfte van die druiwe.
Meng die maaskaas, suurroom, sout en helfte van die bruinsuiker in ‘n aparte bak tot die suiker opgelos het.
Voeg nou die druiwe by en meng dit liggies deur totdat al die druiwe bedek is.
Sprinkel neute en res van die bruinsuiker oor net voor opdiening.

Resep gepos deur:  Elma Venter-Brittz
Foto:  Elma Venter-Brittz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page