DRUIWEBLATJANG
- 1 kg uie, geskil en fyn gekap
- 1 liter witasyn
- 1 kg witsuiker
- 37,5 ml mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie water (Maizena)
- 12,5 ml sout
- 17,5 ml kerriepoeier
- 12,5 ml borrie
- 3 kg vars sultana druiwekorrels
Verhit die uie, asyn, suiker en sout tot kookpunt en kook vir 15 minute lank saam.
Voeg die aangemaakte mielieblom saam met die ander speserye by die uiemengsel en kook vinnig deur.
Voeg die druiwe by die mengsel en kook ongeveer 20 minute saam.
Skep die blatjang in gesteriliseerde flesse of bottels, verwyder lugblasies en verseël.
Nota:
Ek nie die blatjang vir 20 minute gekook het nie, die sous was te waterig. Ek het dit langer gekook sodat die sous meer verdamp en nie so baie is nie, ek het nie tyd gehou nie, net dopgehou dat die sous die helfte minder wegkook. Die blatjang is vreeslik lekker, ons vriende is ook mal daaroor.
Resep en foto: Louisa Hollenbach