Your Recipe Blog

DROOG EN GEBRUIK VAN TAMATIESKYWE

DROOG EN GEBRUIK VAN TAMATIESKYWE

Oond droog is die beter keuse. Buite is daar te veel faktore soos reën en goggas wat jou rond voeter.
Ek geur nie my skywe voor die tyd nie, anders beperk dit jou in die hergebruik.
Ek sny die tamatieskywe dik, probeer gewoonlik die meeste van die pitte uit kry (as ek die tyd en die lus het) en plaas dit op die droograkke in my dehidreerder (of plat panne in oond).

In die geval van die gewone oond, stel die temperatuur op sy absolute laagste, verkieslik nog met die thermofan aan ook en sit jou panne in. Draai die tamatieskywe om wanneer die bokant redelik uitgedroog het. Droog tot dit buigbaar, maar nie meer klam is.
Ek het een keer dit te droog laat word en Eureka ! – gooi in koffiemeule en verwerk tot tamatie souspoeier.

Ek hou my gedroogde skywe in ‘n skroefdeksel bottel en haal net soveel uit soos benodig. Wanneer ek daarvan in olie en kruie soek, plaas ek ‘n klompie in ‘n skoon botteltjie, sit gedroogte kruie na smaak by en giet warm olie oor. Laat staan oornag sodat die lot weer gerehidreer is en die smake meng. Los in yskas. Dit het ‘n korter raktyd en jy moet dit in die yskas hou.

Bron en foto: Petro Borchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5