DROË BEREMENGSEL VIR SOUS
- 500 g bruismeel
- 250 g Bisto
- 1 pak beesstert soppoeier
- 1 pak sampioenroom soppoeier
- 1 pak bruinuie soppoeier
- 1 pak tamatieroom soppoeier
Meng alles saam, skep in houers en bêre in die yskas.
Gebruik soos nodig, droog of meng met water, om sous te verdik of geur aan jou gereg te gee.
SOUS BEREMENGSEL
- 1 pak Bisto
- 1 pak Maizina
- 2 pakkies bruinuie soppoeier en omtrent 5 of 6 ander verskillende soppoeiers
Meng alles deeglik saam.
Bêre in lugdigte houer en gebruik soos nodig.
Jy meng jou souspoeier met water net soos jy die Bisto sou gebruik.
Ek kom maande met so mengsel uit.
Meng dit selfs in die maalvleis balletjies.
Jy kan natuurlik meer soppoeier ook gebruik.
Resep: Donna Van der Walt
Nota:
Lorett Brittnell – Ek gebruik koekmeel in die Maizena se plek. As jou sousmengsel bietjie staan word dit waterig maar nie as jy dit vervang met koekmeel nie.
Foto: Linda van Vuuren