DRIKA SE SPINASIEROL
- 1 ui, opgekap
- 1 teelepel knoffel
- 1 pakkie sampioene, gekap
- 500 ml gaar spinasie
- 125 g blokkies spek
- 1 eier, geskei
- sout en peper na smaak
Kook spinasie tot sag, druk al die water uit.
Braai uie, knoffel en sampioene wat opgekap is saam.
Braai spek blokkies voeg by bogenoemde bestanddele.
Meng spinasie, eiergeel en uie mengsel saam.
Klop eierwit styf en meng met die spinasie mengsel.
Op ‘n oondpan lê foelie uit wat gespuit is met “cook n bake”.
Plaas mengsel op foelie en bak tot eier gaar is. Ongeveer 10 min.
Nie te lank nie anders droog dit uit.
Strooi gerasperde kaas oor, bak nog 5 minute vir kaas om sag te word.
Rol nou die spinasiemengsel op soos ‘n rolkoek met behulp van die foelie.
Plaas op opdien bord, laat effens rus en sny in skywe.
Lyk pragtig en smaak heerlik.
Resep: Drika van Greunen
Foto: Susan Burger
Nota: Susan burger
Ek het nie sampioene gebruik nie, meer spinasie, 250 g spek en 2 eiers