DRIENIE SE DRIE GETOETSTE MARINADES
Hallo weer vanuit Gig Harbor, WA, USA
Wou net laat weet dat die lekkerste van hierdie 3 resepte was toe die eerste een. En dit moet beslis 2 dae marineer. Ons het helfte geëet na een dag se marineer en dit was baie droog. Ek het ook die eerste keer die sosaties in die oond gebak… baie droog. Tweede keer in pan op die stoof gebraai en dit was heerlik!
Hallo vanaf Gig Harbor, WA, USA
Ek is op soek na ‘n kerrie marinade wat my Skoonmammie altyd gemaak het wanneer hulle elke jaar met karavaan see toe gegaan het. Sy het sommer ‘n reuse plastiese houer vol chops in marinade, en ‘n ander houer met hoender sosaties in die karavaan gehad, en elke aand die oor ‘n vuur gebraai.
Ek het toe besluit om 3 marinades te probeer, 2 daarvan het ek op hierdie groep se FB blad gesien en een op die Food Network gekry.
Elkeen lyk vir my snaaks met goed soos ‘n hele koppie suurlemoen sap! En ‘n ander ‘n hele koppie wyn! En ‘n ander een ‘n halwe koppie mosterd!
So ek sal maar sien.
- Marinade 1
- 1 ½ lbs boneless skinless chicken breasts, cut into 3/4-inch cubes
- 2 tablespoons vegetable oil
- 4 onions, thinly sliced
- 1 tablespoon Madras curry powder
- 2 garlic cloves, minced
- 1 teaspoon coriander seed
- 1 tablespoon light brown sugar
- 1 cup fresh lemon juice
Mix all marinade ingredients together and add to chicken.
- Marinade 2
- 1 tablespoon chopped garlic
- 1 tablespoon chopped ginger
- vegetable oil
- 2 teaspoons coriander
- 2 bay leaves
- 1 cinnamon stick
- 4 cloves
- 3 tablespoons curry
- 1 teaspoons allspice
- 2 teaspoons turmeric
- 2 tablespoons sugar
- 1 cup white wine
- ½ cup apple cider vinegar
- ½ cup chicken stock
- 2 tablespoons apricot jam
- 1 cup water
Saute garlic and ginger in oil for a minute.
Add dry ingredients. Stir and fry another 30 seconds. Add remaining liquids. Bring to boil and simmer for 5 minutes.
- Marinade 3
- HOENDER SOSATIE MARINADE (Gideon Louw)
- ½ koppie heuning
- ½ koppie olyfolie
- ½ koppie dijonmosterd
- 1 teelepels chillieflakes
- 1 teelepel swartpeper gemaal
- 1 teelepel Italian herbs
- ½ teelepel sout
Meng alles saam en meng goed met die vleis en laat oornag in koelkas.
Resepte geplaas deur Drienie Hattingh
Foto: Drienie Hattingh