Your Recipe Blog

DRIEHOEK YSKASKOEK

DRIEHOEK YSKASKOEK

  • 1 pakkie kitspoeding, geur van jou keuse
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 250 ml room
  • gesmelte sjokolade, vir versiering
  • 250 ml melk
  • foelie

Neem ‘n strook foelie en pak die beskuitjies 3 langs mekaar, 6 in ‘n ry op die foelie tot dat die pakkie op is, daar behoort so 18 koekies te wees.
In ‘n mengbak klits die room tot sagte punte vorm.
Voeg die melk en die pakkie kitspoeding by die room en klits die mengsel tot stywe punte vorm.
Skep die mengsel versigtig op die koekies sodat hulle nie van mekaar af weg skuif nie. Bedek al die koekies.
Neem die kante van die foelie, en met behulp van die foelie, bring die 2 buitenste koekies bymekaar sodat dit ‘n driehoek vorm met die middelste koekie as basis.
Rol die foelie styf teen die koekies vas, vou toe en plaas in die yskas vir ten minste ‘n uur.
Rol die foelie oop en versier met  sjokolade of soos verkies.

Foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page