DRIE LAAG WORTEL-BEET-PYNAPPEL GESTOLDE SLAAI
- WORTELLAAG
- 1 pakkie lemoen jellie
- 1 k kookwater
- 1 k fyngerasperde wortels
Los jellie op in kookwater en skep wortel by. Plaas in voorbereide vorm en laat stol.
- PYNAPPELLAAG
- 1 pakkie pynappeljellie
- 1 koppie kookwater
- 1 blik fyn pynappel gedreineer (410 g)
- 1 koppie kaas
- 250 g geroomde maaskaas
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg res van die bestanddele by.
Meng en skep oor gestolde wortellaag wat reeds in die stolvorm is.
- BEETLAAG
- 1 pakkie kersiejellie
- 1 koppie kookwater
- 1 koppie gerasperde gaar beet
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg beet by.
Skep bo op die pynappellaag en laat in yskas stol oornag.
Keer uit vorm en versier met wortel repies of soos verkies.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Johan Coetzee