DRIE LAAG WORTEL-BEET-PYNAPPEL GESTOLDE SLAAI
- WORTELLAAG
- 1 pakkie lemoen jellie
- 1 k kookwater
- 1 k fyngerasperde wortels
Los jellie op in kookwater en skep wortel by. Plaas in voorbereide vorm en laat stol.
- PYNAPPELLAAG
- 1 pakkie pynappeljellie
- 1 koppie kookwater
- 1 blik fyn pynappel gedreineer (410 g)
- 1 koppie kaas
- 250 g geroomde maaskaas
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg res van die bestanddele by.
Meng en skep oor gestolde wortellaag wat reeds in die stolvorm is.
- BEETLAAG
- 1 pakkie kersiejellie
- 1 koppie kookwater
- 1 koppie gerasperde gaar beet
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg beet by.
Skep bo-op die pynappellaag en laat in yskas stol oornag.
Keer uit vorm en versier met wortel repies of soos verkies.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Johan Coetzee












