Your Recipe Blog

DRIE KAAS BRAAIPIE

DRIE KAAS BRAAIPIE

  • 2 rolle skilferkors rolle (puff pastry)
  • 1 houer roomkaas van jou keuse (myne was soet rissie)
  • 1 koppie Mozzarella gerasper
  • 1 koppie Cheddar/Gouda gerasper
  • 1 – 2 wiele Feta gekrummel
  • 1 pakkie vars roket blare
  • vars peper
  • ½ koppie soet rissiesous

Rol 1 skilferkors deeg liggies uit, nie te dun anders hou dit nie die vulsel binne nie.
Smeer eerste jou roomkaas en sprinkel die res van die bestanddele bo-oor
Sit die 2de rol lig uitgerolde skilferkors deeg bo oor.
Druk rante vas met ”n vurk.
Plaas op die rooster. Smeer albei kante met gesmelte botter.
Kole nie te warm.
Bak tot mooi bruin aan albei kante en tot die deeg gaar is.

Resep en foto: Angela Verreynne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page