Your Recipe Blog

DRIE BESTANDDELE BROODJIE

DRIE BESTANDDELE BROODJIE

Ek het hierdie resep iewers op die internet gesien, en gedink ek moet hom probeer. Ek het dit in 4 klein broodpannetjies gebak, net om te toets. Ek het die suiker minder gemaak, want ek het lekker baie gedroogte kruie en kaas ingesit, maar jy kan regtig rond speel met wat jy hierby insit, indien enige iets. Net so is die broodjie net so lekker.
Hierdie melk broodjie met geen gis is regtig heerlik en so vinnig en maklik om te maak.

  • 2 koppies bruismeel
  • 1½ koppies volroom melk (maar enige melk sal werk selfs klappermelk)
  • 2 eetlepels suiker of na smaak
  • Opsioneel:
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • kruie en speserye na smaak
  • gedroogte vrugte of enige iets van jou keuse, hang af hoe soet of sout jy die broodjie wil hê.

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer ‘n klein broodpannetjie of sit bakpapier in die pannetjie, soos verkies.
Meng die bruismeel en suiker (en al die ander droë bestanddele buiten die melk) saam.
Meng die melk stadig by en meng deeglik, maar moenie te veel meng nie, vermy “oor meng”.
Skep die deeg in die voorbereide pannetjie, en maak gelyk bo-op.
Bak in voorverhitte oond vir 40 – 45 min en as jy klein broodjies bak soos op die foto, is dit ongeveer 20 – 30 min. Toets dat die tandestokkie skoon uitkom, voor jy uithaal uit die oond uit.
Laat die broodjie ongeveer 10 min in die pannetjie staan voor jy hom uitkeer.
Bedien met botter en konfyt of enige iets van jou keuse.

Nota:
Kan die bruismeel vervang met 2 koppies koekmeel, 3 teelepels bakpoeier en ‘n ½ teelepel sout.
Stoor teen kamer temperatuur in ‘n lugdigte houer vir ongeveer 2 dae of in die yskas vir ongeveer 5 dae. Sit paar sekondes in die mikrogolf om net net warm te word voor jy bedien.

Resep getoets, aangepas en foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page