DOVI – GRONDBOONTJIEBOTTER BREDIE
Word ook “peanut stew” genoem.
- 30 ml botter of margarien
- 2 uie, gekap
- 2 knoffelhuisies ,gekap
- 2 brand rissies, gekap
- 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
- 500 ml water
- 100 ml grondboontjiebotter (peanutbutter)
- 1 kg hoenderbors fillette, in repe gesny
- sout en peper na smaak
Verhit die botter en seël die hoender repe daarin. Moet nie gaar maak nie.
Skep uit en hou eenkant.
Braai in dieselfde pan die uie tot glasig en gaar.
Voeg die soetrissie, knoffel en brand rissies by en sorteer tot sag.
Voeg die helfte van die water by.
Meng die res van die water met die “peanutbutter” tot glad en voeg dit ook by die uiemengsel.
Laat liggies prut. Voeg die hoenderrepe by en laat prut tot gaar.
Geur met sout en peper. Pas geurmiddels aan indien nodig.
Sit voor saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen