DOUGHBOY/KLUITJIES
Doughboy or dumplings…
- 500 g beeskookvleis
- sout en peper, na smaak
- 2 aartappels
- 2 teelepels kerriepoeier
- knypie borrie
- knypie kaneel
- knypie gemmer
- knypie komyn
- knypie eiergeelpoeier
- knypie fyn naeltjies
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepel bakpoeier
Kook die vleis sag met water, sout en peper.
Voeg die aartappels by en kook sag. Voeg al die speserye by.
In ‘n aparte houer, meng die koekmeel en bakpoeier met bietjie water tot ‘n deeg. Nie te slap of styf nie.
Skep groot lepels vol bo-op die vleis in die pot.
Plaas die deksel op en moenie oopmaak nie, dan slaan die kluitjies toe.
Kook vir 10 – 15 minute tot gaar.
Resep en foto: René de Bruin